
=====================================================================
'Ons gee Afrikaans 'n nuwe baadjie' (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'Ons gee Afrikaans 'n nuwe baadjie'

Die ATKV se tak in Soweto is alte bewus van wat die wreld daar buite van di tak verwag. Ons het dit tot dusver reggekry om in die grote 
Soweto Afrikaans 'n nuwe baadjie te gee.

Ons het verskillende projekte wat ons in staat stel om taal en kultuur op 'n prettige manier te bevorder en te beskerm. Ons wil dankie s 
aan almal wat belangstel en ons ondersteun.

Op die oomblik het ons tak omtrent 120 lede. Hulle is hard besig om ander lede te werf wat graag Afrikaans se naam hoog wil hou. Die tak 
het heelparty projekte wat die jeug wil borg en ondersteun. Ons het byvoorbeeld drie horskoolleerlinge geborg wat die ATKV Winterskool in 
Junie by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein bygewoon het.

Ons tak het ook sukses behaal toe ons leerlinge van verskeie hor skole in Soweto bymekaargebring het om "Brandende liefde" op te voer, die 
drama wat deur Elliot Mashinini geskryf is. Ons dramagroep was baie trots om met agt wit hor skole in Westonaria aan die ATKV se 
tienertoneelwedstryd deel te neem. Die hele projek was baie leersaam en die groep beoog om weer volgende jaar deel te neem en dan te wen!

Ons tak het 'n groot projek saam met die Sister Sister restaurant aangepak. Die doel is om Afrikaanssprekendes in Soweto 'n kans te gee om 
wit Afrikaanssprekendes te ontmoet, sodat ons lede meer praktiese ervaring van Afrikaans praat kan kry. Ons wil graag Afrikaanse sangers, 
soos Koos Kombuis, die ATKV se Crescendo-wenners, Lochner de Kock en Richard van der Westhuizen, en baie ander kry om in hierdie restaurant 
in die hart van Soweto op te tree. Mense wat die restaurant wil besoek, kan die ATKV se Soweto-tak bel. Afrikakos word teen billike pryse 
bedien, maar daar is ook ander lekker kos.

Op die oomblik is ons tak besig om 'n Afrikaanse Onderwysersforum te stig om Afrikaansonderwysers in kontak met mekaar te bring en om hul 
hulp te gebruik om ATKV-jeugprojekte te bemark en ondersteun.

Om op te som: die toekoms van Afrikaans in Soweto en Suid-Afrika is so helder soos die water wat natuurlik uit 'n fontein loop. Die enigste 
mense wat miskien Afrikaans as die taal van die onderdrukker beskou, is die sogenaamde "superindividue" wat altyd die wreld wil beinvloed, 
maar nie die wreld toelaat om hulle te benvloed nie. Elliot "Boerseun" Mashinini, voorsitter van die ATKV se tak in Soweto en student aan 
die Universiteit Vista. Sy selfoonnommer is: 082 953 9645.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7425.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

